ONTMOET ONS...
Johan Greyling is die stigter van Maritzdam Opleiding en is tans die plaasbestuurder op Maritzdam. Saam met sy vrou, Stephanie, bestuur hulle Maritzdam in die ope vlaktes van die Karoo tussen Britstown en Prieska.
Hy het groot geword op 'n plaas buite Cradock in die Oos-Kaap waar hulle met vee geboer het. Nadat hy op Hoër Landbouskool Marlow gematrikuleer het, het hy onderwys studeer. Alhoewel hy dit baie geniet het om met jong mense te werk, het hy besef dat die grondpad en plaaslewe hom terug roep.
In 2012 het hy ‘n beroepsjag kursus gedoen en was toe ‘n werk aangebied deur Mynhard Herholdt. Hy het binne vier jaar baie ondervinding opgedoen en baie geleer hoe om met studente te werk. Hy het in 2016 Britstown toe getrek en op ‘n familie plaas begin werk en homself opgebou om later drie plase te bestuur.
Deur sy jare se ervaring, liefde vir boerdery en hart vir mense, was die saadjie geplant om 'n plaasbestuur opleidingskursus te begin.
In 2022 het hy Maritzdam Opleiding gestig en sy roeping begin uitleef. Johan se passie lê in die opleiding en bemagtiging van toekomstige boere en plaas bestuurders. Sy visie is om die volgende generasie van boere en plaasbestuurders te help, inspireer en op te lei en daardeur 'n verskil te maak in elke persoon se lewe wat deel raak van die kursus.
"Ek weet dat elke ouer net die beste vir hulle kind wil hê. Ek verstaan dit, omdat ek self 'n ouer is wat enige iets sal doen om 'n beter toekoms vir my kind te verseker. U as ouer kan rustigheid ervaar met die wete dat u kind in veilige hande is en dat hierdie kursus vir elkeen wat ons kursus kom bywoon baie deure kan oop maak. Elke fasiliteerder wat hul kursus kom aanbied is uitstekend in hul gebied, professioneel en het baie ervaring.
Die studente raak soos my eie kinders in die tyd wat ek saam met hulle die pad stap. Ek leer hulle van waardes, deursettingsvermoë, lojaliteit en selfvertroue. Ons vat ook nie meer as 15 studente in per kursus nie, omdat ons persoonlike aandag wil bied.
Daar mag dalk tye kom waar studente wil opgee of in hulself twyfel, maar ons glo vas " waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.’’
Ek leer elkeen om altyd groot te droom en voluit te gaan vir dit wat hulle in die lewe wil hȇ.
" Ons het lekker tye saam en probeer elke dag voluit aanpak. Die opleiding is werklik vir enige iemand met 'n liefde vir boerdery. Moet nie die kans mis om 'n lewensveranderende besluit te maak nie!'' - Johan Greyling